On the Money with Pieter Willem Moolman: Korttermynversekering Bied Gemoedsrus

www.MyPE.co.za: ‘n
Lesersvraag rondom die noodsaaklikheid van korttermynversekering het
aanleiding tot die tema van vandag se rubriek asook ‘n paar wenke gegee.

Pieter Willem MoolmanAs polishouers betaal
ons elke maand ‘n premie aan ‘n versekeraar en ‘n mens wonder dikwels
of hierdie geld nie elders beter belê kon word nie – veral omdat jy
moontlik vir jare nie ‘n eis instel nie.

Kyk eerder só daarna: as jy nié die nodige versekering het nie en jy
beland byvoorbeeld in ‘n motorongeluk of jou huis brand af, sal jy die
skade uit jou sak uit moet betaal.

Nie net kan dit jou finansieel ruïneer nie, dit kan ook ‘n negatiewe
uitwerking op jou beleggings in die geheel hê. Die risiko is net te
groot om nie verseker te wees nie.

Dis verder belangrik om seker te maak dat jy korrek verseker is.

Maak byvoorbeeld seker dat jou eiendom se sekuriteitsmaatreëls volgens
jou versekeraar se vereistes is en dat jou selfoon gespesifiseer is.
Wat die huisinhoud betref, stel ‘n ordentelike inventaris op.

Om die eisproses te vergemaklik, is dit altyd ‘n goeie plan om bewyse
van aankope te hou – veral wanneer dit by elektroniese goedere en
juweliersware kom. Foto’s van items soos leerbaadjies en skilderye kan
selfs as bewys ingedien word.

Bogenoemde maak dit makliker om gesteelde goedere te identifiseer en
die vervangingswaarde te bepaal.

Indien jy egter dikwels eis, kan jou versekeraar jou “straf” deur
premieverhogings te bewerkstellig.

As polishouer is dit jou verantwoordelikheid om versigtig te wees en op
te tree asof jy nie versekering het nie. Met ander woorde, jy moet ten
alle tye jou eie risiko bestuur.

‘n Versekeraar en polishouer se verhouding is dié van wedersydse
vertroue en eerlikheid.  Sou jy dus uitgevang word dat jy op
enige wyse oneerlik is, sal jou versekeraar nie jou eis uitbetaal nie
en kan jy selfs blootgestel word aan strafregtelike vervolging.

Versekeringsbedrog in Suid-Afrika bedra jaarliks tussen R1 miljard en
R3 miljard en daar word geskat dat bedrieglike eise premies wêreldwyd
met tussen 5% en 15% laat toeneem. Indien jy uitgevang word, kan jy
dalk in die toekoms sukkel om versekering te bekom.

Inbrake of diefstal moet binne 48 uur by die polisie aangemeld word en
‘n saaknommer moet verkry word. Plaas jou gesteelde selfoon dadelik op
‘n swartlys.

Maak doodseker jy lees en verstaan jou polis. Nie alle eise beteken dat
jou premie op hernuwing verhoog gaan word nie, maar dis nodig om te
verstaan waar dit wel die geval is.  

Die doel met korttermynversekering is om jou in dieselfde posisie as
voorheen te plaas. Volgens die bepalings en voorwaardes van die
poliskontrak is dit presies wat jy kan verwag met die skikking indien
jy die korrekte versekering vir jou behoeftes het.

CLICK
HERE
to have
your financial
and other investment questions

answered courtesy of Coetzee Gouws from Full
Stop Communications
.

Pieter Willem Moolman is the founder of PWM Financial Management in Port
Elizabeth in the Eastern Cape. Their mission is to provide financial
security and create wealth for their clients.

Port Elizabeth Budget Accommodation

Go to:MyPE.co.za





Previous:


Join Budget Accommodation Port Elizabeth


Todays Featured Port Elizabeth Accommodation

Dempsey’s

Dempsey's Guest House is a self catering guesthouse, centrally situated in the tranquil suburb of Walmer, Port Elizabeth. Dempsey's is owner-managed with your friendly hosts, Jack & Kathy, living on the property. Dempsey's Booking Enquiry Rates to 30th November 2017: Single: R450-00 per person per night Double: R575-00 per double per night Family room: R850-00 per 4 people per room per night, Single R475-00 Double R600-00 Triple R750-00 Rates from 1st December 2017: Single: R475-00 per person per night Double: R600-00 per double per night Family room: R850-00 per 4 people per room per night, Single … [Book here...]

More Affordable Port Elizabeth Accommodation Choices

More Port Elizabeth AccommodationHaven't made up our mind yet and want to browse more Port Elizabeth Guest Houses and Accommodation choices?

Go back to the Budget Accommodation home page, browse affordable Port Elizabeth Accommodation on the BnBPE Accommodation Port Elizabeth web site or pop along to MyPE Guest House Accommodation for a heap more choices that will also allow you to book direct with the owner.